Hoewebewoners kies toegangsbeheer met hekke PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 18 May 2009 14:50
Untitled Document

Inwoners van Zwavelpoort-oos het besluit om die paaie wat deur die oostekant van die Zwavelpoort- vallei loop, met hekke toe te maak.

Dié besluit is geneem op ’n vergadering op 18 April waar die meeste mense ten gunste van die hekke was, hoewel die fynere besonderhede van die projek nog uitgesorteer moet word.

Drie hoofroetes deur Zwavelpoort is geïdentifiseer en die hekke word op die volgende plekke beplan:

  • Die noordelike deel van die Zwavelpoort teerpad.
  • Achillesweg-verlenging naby Hendrik Ver Loren Van Themaat se druiweplaas.
  • Die suid-oostelike deel van die Zwavelpoort-vallei waar die grondpad ’n verbinding vorm met Garstfonteinweg-verlenging.


Die pad verby die druiweplaas waar inwoners toegangsbeheer met hekke wil toepas

Die idee is om beheerde toegang tot die gebied te hê vir sekuriteitsdoeleindes met ’n minimale impak op persoonlike- en sake-vervoer.

Daar is nog nie besluit hoe om toegang vir sake-doeleindes te verseker nie; hoe om die hekke te reguleer nie en die kostes is nog nie gefinaliseer nie.

’n Voorstel is om outomatiese hekke te hê wat met afstandbeheer werk op die twee grondpaaie en om ’n bemande hek met ’n wag te hê by die ingang na die Zwavelpoort teerpad.

Die posisies van die hekke sal afhang van grondeienaarskap. Dit is onduidelik of Gautrans grondbesit oorgeneem het toe hulle die Zwavelpoort teerpad geteer het.

’n Sub-komitee is verkies om dié sake te ondersoek en by grondeienaars op die drie voorgestelde roetes uit te vind of hulle daar sal wil hekke hê. Inwoners is welkom om die volgende lede van dié subkomitee te skakel met voorstelle, oplossings en kritiek: Leo Middelberg by 083-677-2334, Hendrik Ver Loren van Themaat by 082-324- 5596, Johan Kruger by 082-497- 7410, Ivan Gomm by 082-782-4346, Etienne Schoeman by 082-550-9494, Nick Anderson by 082-550-7661 of Petro Anderson by 083-604-0074.

 

© 2019 Die/The Bronberger