Laat Nuwejaarsbesluit PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 28 January 2019 09:42
Untitled Document

Albert Cruywagen van Die Wilgers skryf:
Daar is nog tyd vir ‘n laat Nuwejaarsbesluit. Hier in die ooste van Pretoria (Die Wilgers) is ‘n maandelikse geselsgroepie wat al 20 jaar bestaan. As jy soggens beskikbaar is en ook so ’n groep wil stig, is jy welkom om te kom “afkyk” by ons op Maandag 11 Maart of Dinsdag 12 Maart van 9 tot 10 vm.

Ons het nie ‘n agenda nie, hou nie ‘n teenwoordigheidslys nie, betaal nie ledegeld nie en dis onnodig om verskoning te maak as jy nie kan opdaag nie. Ons gesels oor letterlik en figuurlik enigiets onder die son soos veteraanmotors, die getal 0, wat is liefde, wat is mooi of optiese illusie.

Daar is nie taboe-onderwerpe nie, maar ons is versigtig vir politiek en religie. Die groep besluit self daaroor. Elke lid berei ongeveer elke derde maand iets voor van eie keuse en praat kortliks daaroor met kans vir bespreking.

Daar is aangename winspunte. Ons samesyn (lief en leed), humor en grappies, ligte verversings agterna en nog geselsery is wonderlike bykomstighede.

Bel Albert Cruywagen by 012-803-5895 of 082-823-0785 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

© 2019 Die/The Bronberger