Skelmstreke PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 07 December 2018 08:17
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Daar steek gereeld allerhande skelmstreke kop uit, maar dis veral wanneer Kersvader se slee op pad is dat die meeste skurke hulle slim (skelm) streke kom uitruk.

Hierdie is natuurlik die ideale geleentheid vir boewery aangesien heelwat belastingpligtiges nog vir hulle uitbetalings vanaf SARS wag. Dus word enige korrespondensie met groot opgewondenheid oopgemaak en word daar sommer links en regs op skakels gekliek. En net daar – in daardie vlietende oomblik tussen die wysvinger en die rekenaarmuis vind ‘n groot gemors plaas.

Hoe weet ek dis vals en hoe beskerm ek myself? Moenie e-posse beantwoord of oopmaak indien die oorsprong onbekend is nie. Moenie reageer op e-posse wat bankbesonderhede, “e-filing”-besonderhede of persoonlike besonderhede versoek nie.

SARS sal nooit bankbesonderhede per e-pos versoek of enige skakels na ander webtuistes verskaf nie. SARS sal nooit aanhegsels stuur wat *.htm of *.html is nie. SARS sal nooit vir jou kredietkaartbesonderhede vra nie.

Fopplanne in omloop: “SARS loan approved”Van al die slimstreke was hierdie seker die domste een. Waar, hoe en wanneer sal SARS lenings toestaan? Dié e-pos versoek dat jy jou volle name, ID nommer en bankrekeningnommer na 065-311-8751 stuur, asook ‘n skakel na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

“Refund from SARS” – Hierdie een het sekerlik die meeste slagoffers geëis. ‘n Mooie e-pos waar SARS vasgestel het dat volgens inligting tot hulle beskikking, jy geregtig is op ‘n sekere bedrag. Daar is ‘n aanhegsel (html) wat afgelaai moet word om kwansuis voltooi te word.

Wees asseblief hierdie feesseisoen ekstra versigtig vir die skurke en skelms daar buite. Hulle is slinks en uitgeslape en beslis besig met Kersinkopies.

 

© 2018 Die/The Bronberger