leserslens Desember 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 07 December 2018 08:15
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Dié foto is op ’n Donderdag in November deur Gene de Lange van Bashewa geneem


Dié ou reuse sorg baie lank al vir koelte in Klipkop se wêreld
Foto: Ronell van der Merwe


Ná ’n laatmiddag-reënbui oor Cullinan het Laurika van der Linde hierdie foto geneem


Dié nuwe aankomeling was vir Bianca Steyn opvreetbaar-oulik, maar sy het darem net ’n foto van die eendjie geneem


’n Treffende tuinroos soos gesien deur die lens van Emma Koekemoer


Herman van Zyl het dié kroonkiewiet afgeneem waar sy/hy volhardend op die nes sit


Vroegaand op Bronkhorstbaai
Foto: Leila Steyn


’n Statige bewoner van ’n plaas op Elandshoek
Foto: Laurika van der Linde


Reënwolke in November oor die Bronberggebied
Foto: Ria Pieterse


Die wolkformasie bokant Zwavelpoort is deur Sakkie Fourie afgeneem


Die lopende water by die Rietvlei-natuurreservaat stem haar tot rustigheid, sê Anneline Grobler


Skoolseun, Johan van der Linde, het die treffende foto op ’n plaas naby Rayton geneem


Een voordeel van katwees, is dat jy vir jou ’n lekker lêplek kan uitsoek waar niemand jou kan pla nie
Foto: Alet Erasmus


Met ’n statige stappie en die gade aan die sy, keer hy terug hok toe na ’n dag se werfskrop, sê Gene de Lange oor dié foto wat hy geneem het


Daleen Small het die reënboog op Tweedracht verewig

 

© 2018 Die/The Bronberger