Jong man doodgeskok PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 07 December 2018 08:11
Untitled Document

’n Man is op 13 November in een van die Mooikloof-ontwikkelings doodgeskok toe hy probeer het om self ‘n waterverwarmer te vervang.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê dat die 22-jarige man dood op die toneel aangetref is.


Die nooddienswerkers kon die man slegs deur die kompleks se dak bereik
Foto: Netcare911

Nooddienswerkers moes deur die kompleks se dak breek om by die oorledene uit te kom. Brandweer- en reddingsdienste is gekontak om die lyk van die plafon af te verwyder.

Johan Pieterse, woordvoerder vir Tshwane se nooddienste, sê dat mense nie self moet probeer om elektriese probleme reg te maak nie. Hulle moet eerder ‘n gekwalifiseerde elektrisiën bel.

 

© 2019 Die/The Bronberger