Alfa Romeo Klub bederf tehuis-inwoners PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 07 December 2018 08:08
Untitled Document

Die Alfa Romeo Klub van Pretoria het op 11 November besoek gebring aan die Paul Jungnickelhuis met skenkings van nie-bederfbare produkte vir die inwoners, asook wit olifant-artikels vir dié jaar se Nickel Kersmark. 


Inwoners en personeel van die Zwavelpoort-gebaseerde Paul Jungnickelhuis saam met klublede van die Alfa Romeo Klub van Pretoria
Foto’s: Hendri du Plessis

Lede van ‘n Facebook-groep, ‘Eks van die Ooste’, het ook aan die projek deelgeneem. Een van die lede het 200 kolwyntjies geskenk en die inwoners, personeel en klublede het dit saam met ‘n koppie tee geniet terwyl hulle gekuier het.


‘n Alfa Romeo voor die tehuis

Die Alfa Romeo Klub van Pretoria is al vir meer as 10 jaar by dié liefdadigheidsprojek betrokke. Klublede samel dwarsdeur die jaar toiletware en wit olifant-artikels in wat by hulle klubhuis, die SA Motorsport Klubhuis te Keunigstraat 180, Silverton, gelaat kan word.


Van die artikels wat vir die tehuis ingesamel is

Buiten die skenkings gee die klub ook ‘n gedeelte van die opbrengs van sy jaarlikse baandag, wat op Zwartkops-renbaan plaasvind, aan die tehuis. Daarmee word nie-bederfbare produkte vir die inwoners aangekoop. 

Die uitstappie na die tehuis is ook die klub se liefdadigheidsrit met al die Alfa’s in gelid.

 

© 2018 Die/The Bronberger