Eeufeesviering van Geloftefees buite Bronkie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 07 December 2018 08:05
Untitled Document

Dit is die honderdste jaar wat Geloftefees deur die Welverdiend Geloftefeeskomitee net buite Bronkhorstspruit gevier word. Almal word genooi om die eeufeesviering by te woon.

Mense kom op Saterdag 15 Desember op die terrein byeen waar Herman en Elbie Nel gaste gaan akkommodeer. Hulle gaan demonstreer hoe die Voortrekkers geleef het en gaan ook ’n paar praktiese illustrasies uitvoer, soos kersemaak, melktert bak op ’n oop vuur, broodbak binne ’n miershoop, die maak van botter, demonstrasie van voorlaaier en kanon, tonteldoos, koeëlgiet en smeewerk.
Herman gaan ook wys hoe ’n ossewawiel ‘gekort’ word – dit is waar die staalband warm gemaak word en oor die houtwiel gekrimp word.


Die fees bied demonstrasies van hoe die Voortrekkers geleef het

Feesgangers kan op die terrein braaipakkies koop en gratis pap en sous gaan vanaf 11 vm op
15 Desember voorsien word. Feesgangers wat wil kamp, is baie welkom. Daar is ablusiegeriewe op die terrein.

Sondag 16 Desember se verrigtinge begin om 9 vm. Dr Tertius Erasmus gaan die erediens waarneem en prof Koos Malan is die gasspreker. Gratis macaroni-en-kaas, sowel as koeldrank, koffie en tee gaan vir feesgangers voorgesit word. Mense moet hulle eie eetgerei en glase saamneem.

Die feesterrein is 7 km buite Bronkhorstspruit op die Groblersdal / Ezemvello-pad. Vir meer inligting, bel die voorsitter, Callie Geldenhuys by 082-808-1804 of sekretaris, Paul Greyling, by 082-322-8321.

 

© 2018 Die/The Bronberger