Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 07 December 2018 08:02
Untitled Document


Die Nickel Kersmark is nog aan tot 9 Desember, daagliks van 9 vm tot 6 nm by die Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) in Zwavelpoort. Die Kersmark bied produkte wat inwoners van die Paul Jungnickelhuis se beskermde werkswinkel maak asook ‘n wye verskeidenheid geskenke, ‘n teetuin-restourant, biertuin deur Hazeldean Brewing co, en veilige parkering. Bankkaartgeriewe is beskikbaar. KWO is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Vir meer inligting oor die mark, skakel 072-705-9636 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Friends of the Rail’s Santa’s Diamond Express is held on 9, 16 en 17 December. Join the Friends on their vintage steam train to Cullinan, departing from their private Hermanstad station at 8 am. You will have up to four hours in Cullinan to relax, explore the town, browse the quant shops and to enjoy a leisurely lunch in one of the many restaurants or as a picnic under shady trees. Return tickets cost: Adults – R320; pensioners and disabled persons – R270; teenagers (13–18) – R240; children (4–12) – R160; and infants (0– 1) – free. Call them at 012-767-7913 or 082-098-6186.

~*~


Cosmos Country Market se Kersmark is op Saterdag 15 Desember op plot 78, Vaalbank oorkant Wet Nose Dierereddingsentrum. Die mark begin om 9 vm en daar is veilige parkering. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies, ‘n tee- en biertuin op groot grasperke onder koeltebome en heerlike eetgoed. Diegene wat op soek is na Busted Knuckle se versamelstukke sal bly wees om te hoor dat Terry Behrens ook by dié mark is, benewens sy nuwe plek by Ou Werf. Bespreek jou kraampie by Kat: 084-579-1803. Uitstalling is gratis.

~*~


‘Timeless Christmas’ is die naam van Jennifer Jones se optrede op 16 Desember vanaf 12.30 by die Premier Hotel Cullinan. Sangeres Jennifer se musiekloopbaan strek oor die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika en internasionaal. Kaartjies kos R280 en sluit ‘n tradisionele Kersfees buffetete in. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , 012-734-1810 of 065-926-3520.

~*~


Windpomp se laaste mark van die jaar is op 8 Desember van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Besoekers kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid kraampies met eiesoortige ware. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


Geloftedag word op 16 Desember by die Voortrekkermonument gevier. Elke jaar skyn die son om twaalfuur in die middel van die senotaaf. Bokant die heldesaal is ‘n koepel met ‘n opening waardeur die son skyn. Die senotaaf is slegs ‘n simboliese graf, wat die rusplek van Piet Retief en al die Voortrekkers wat in die Groot Trek gesterf het, voorstel. Skakel 012-326-6770, of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


The next Vegan Food Fair is at Klitsgras Drumming Circle in Tierpoort on 9 December from 8 am to 5 pm. There is meditation from 8.30 to 9 am, yoga from 9 to 10 am and live music from midday onwards. Entrance is free. Visitors can look forward to pizza, burgers, milkshakes, vinyl, vintage clothing, cosmetics, fresh produce, music, interactive events, entertainment for children, jewellery, heirloom vegetables, saplings, coffee and baked goods. The venue is at 62 Leribisi Road, Tierpoort. Phone them at 083-311-0025.

~*~


Die Boskombuis hou ’n Kersete teen R200. Dit is ’n driegang maaltyd, slegs op bespreking, van
11 vm tot 3 nm. Hulle hou ook ’n Oujaarsaanddans op 31 Desember teen R60 per persoon. Etes is beskikbaar en bespreking is nodig. Die musikant is Lezahn. Daar is gratis toegang vir kinders onder 12 jaar. Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bespreek by Renee: 083-485-2529 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Kersstories met Corlea en Jannie’, ‘n nuwe produksie spesiaal vir die feesgety, word op
11 Desember om 8 nm by die Atterbury-teater opgevoer. Jannie Moolman en Corlea Botha vermaak gaste met verhale so kleurvol soos die liggies om die Kersboom gestring. Hulle deel spesiale gedigte, elkeen spesifiek gekies soos handgemaakte ornamente, en hang dit plek-plek om ons gedagtes te versier. Die musiek is die kern van dié vertoning, van outydse tot hedendaagse treffers. Kaartjies kos R220 tot R240. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Die Cullinan Junction Vlooimark word op 9, 16 en 17 Desember van 9 vm to 4 nm gehou. Dit is ‘n nuwe mark wat rondom die historiese ou stasiestore, treinspoor en stasie gehou word. Op 16 en
17 Desember gaan daar ook musiek deur Willie du Plessis wees. Die adres is Hotelstraat 4, Cullinan. Vir meer inligting, bel Angela Bruce by 081-584-3843.

~*~


’n Kersfees Skouspel word op 16 Desember vanaf 3 nm by die Sun Arena, Time Square, Aramistlaan 209, Waterkloof Glen gehou. Meer as 15 top kunstenaars gaan in dié produksie optree en dit gaan ‘n Kerskonsert wees in die ware Boney M-styl van konserte. ‘Noot vir Noot’ se Jaconell Mouton is die regisseur, Frans Swart is die regisseur met ‘n volle orkes en die skouspel word deur Lefra Produksies aangebied. Suid-Afrikaanse sangers wat gaan optree, sluit in: Alwyn Oberholster; Amanda Strydom; Anna Davel; Brendan Peyper; Chris Chameleon; Daniella Deysel; Die Broers; Helena Hettema; Helene Bester; Jannie Moolman; Joshua Ziervogel; Louis Loock; Saarkie en Steffie le Roux. Kaartjies kos van R85 tot R295. Bespreek by Computicket: 0861-915-8000. Vir meer inligting, skakel 086-084-6377.

~*~


Die Zwavelpoortse Weiveld hou op 31 Desember vanaf 7 nm ‘n Oujaarsaandpartytjie met Jack Parow op die verhoog. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Kaartjies kos R150 per person. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad. Skakel 071-471-6698.

~*~


A Rocking World Tour New Year’s Eve Party will be held on 31 December from 9 pm to 2 am at Rockwood Theatre, Garstfontein Road, Moreleta Park. Guests will receive a welcome drink, snacks at their seats, a photo area with fun dress-up regalia and an extra show set from midnight to 1 am. Tickets cost R399. Phone the theatre at 012-368-1555.

~*~


‘n Maniak Kleurfees word op 31 Desember van 10 vm tot 1 vm by die Honde en Katte Hotel, plot 39 Zwavelpoort, op die Zwavelpoort teerpad gehou. Wuif die ou jaar vaarwel met ‘n kleurfees vir die hele gesin. Die kinders sal vermaak word terwyl grootmense partytjie hou. Almal is welkom. Skakel 065-091-8554.

~*~


Toula’s Griekse Restourant hou ‘n tradisionele Griekse Oujaarsaand onder die sterre. Die aand sluit natuurlik die breek van borde in, sowel as verwelkomingsdrankies, ‘n driegang maaltyd, ‘n dans, musikant en vonkeldrankies teen middernag. Die partytjie begin reeds om 6.30 nm. Toula’s is by die In Shere-koopsentrum, Lynnwoodweg-verlenging, Shere. Bespreek by 012-809-1805.  

~*~


Villa Africa Boetiekhotel bied ‘n Nuwejaarsontbyt aan op 1 Januarie. Die ontbyt is vanaf 6.30 vm vir diegene wat ná ‘n wilde Oujaarsaand op soek is na lafenis. Dié buffet-ontbyt hou tot 12 uur aan en kos R140. Die hotel is in Furrowweg 272, Equestria. Skakel 012-807-7535.

 

© 2018 Die/The Bronberger