Ons skep ‘n bietjie asem PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 07 December 2018 08:01
Untitled Document

Die Bronnie en sy mense beplan om weer vanjaar met die Kersvakansie ‘n bietjie af te saal en asem te skep.

Ons kantore sluit reeds op Vrydag, 7 Desember en maak weer op Maandag, 7 Januarie 2019 oop. Ons sperdatum vir advertensies en bydraes sal op Dinsdag 15 Januarie wees en dit word beoog om op Woensdag, 23 Januarie met die verspreiding van die nuwe jaar se eerste uitgawe van Die Bronberger te begin.

Met dié jaar se korter somervakansie, beteken dit dat ons reeds stewig in die saal sal wees as die skooljaar op 9 Januarie afskop. Wanneer die Bronnie in Januarie versprei word, behoort almal reeds die skouer geesdriftig aan die wiel te hê.

Vir dié van julle wat weggaan, wens ons ‘n veilige reis en ‘n wonderlike vakansie toe. Of jy reis of tuis bly, hoop ons die tyd saam met vriende en familie bring genot, vervulling, vrede en rus.

Adverteerders en lesers met enige navrae, wenke of ruimtebespreking, kan ons steeds in die vakansietyd bereik deur ons selnommers te bel:

Tania: 072-089-0227; Angie: 083-959-1016; Gerhard: 082-377-6807. Of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2018 Die/The Bronberger