Dis gehalte wat Cullinan diamant koning maak Print E-mail
News - Artikels
Monday, 18 May 2009 14:41
Untitled Document

Elsabé Marais

’n Groepie opgewonde Vlaamse toeriste staan gereed om op die bogrondse toer deur Petra Diamante se geskiedkundige myn op Cullinan te vertrek.

Jaarliks besoek duisende toeriste die myn en word soos hierdie Belgiese besoekers eers deur ’n kort video aan die opset bekendgestel. Dan maak hulle in ’n indrukwekkende vertoonlokaal kennis met die ware Jacob.

Nabootsings van al die legendariese, groot blinkes wat oor die jare by Cullinan gekry is, word hier uitgestal en beskryf en alles wat jy ooit oor diamante wou weet, kan jy hier te wete kom.


Cullinan is beroemd vir die Cullinandiamant, die grootste diamant wat nog ooit gevind is. Vandag pryk die Cullinan 1 en die Cullinan 2, wat uit die rowwe diamant gesny is, nog in die Britse koninginsepter en -kroon en word in die Tower of London bewaar.
Foto: John Lincoln

Voor staan Mathijs Cillen, 86 jaar oud, van Vlaandere wat al sedert 1986 Suid-Afrika besoek en al 14 keer Cullinan se diamantmyntoer meegemaak het.
.
.
.
.
.

Die sogenaamde blougrond wat die gesogte, blou diamante oplewer, gesien van die platform buite die myn. .
.
.
.

.
. .

Myn
In ’n nagebootste tonnel, kry jy ’n idee van hoe groot en wyd die tonnels is waar mans soos molle agter die edelgesteentes aangrou. As jy uitstap, sien jy die groot skag wat aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebou is.

Die indrukwekkende masjienkamer, wat ten volle outomaties werk, is die hart van dié werkende myn en is altyd onder toesig. Buite kan jy sien hoe die mynhysbak (skip) op gereelde maat die gruis uit die buik van die aarde na bo bring en afgooi voor dit weer die dieptes in verdwyn. Ná ’n reënbui van 25 mm word daar met twee groot pompe sewe en ’n half miljoen liter water na die myn se vyf opgaardamme gepomp.


Peter Pontsteen, ’n ou inwoner van Cullinan, vertel dat as al die bestuurders saam oorstap na die sorteerkamer, weet die personeel dat daar weer ’n grote gevind is en dit gebeur taamlik gereeld.
Foto: John Lincoln

Groot gat
Bo by die suidelike uitkykpunt van die myn kry jy ’n ander perspektief van die groot gat; dit lyk anders as wat die uitsig agter die stasie jou bied. Van hier af sien jy sogenaamde blougrond wat die gesogte blou, foutlose diamante oplewer.

Die groot gat beslaan 42 ha in oppervlak en is omtrent 1000 m lank by 500 m wyd en omtrent 450 m diep. Die myn se kimberlietpyp is vier keer groter as dié van Kimberley. Vier honderd meter onder die oppervlak het ’n horisontale uitbarsting miljoene jare gelede die pyp deurboor en ’n ingroeiing van ongeveer 70 m wyd veroorsaak wat nou deels verbrokkel het. Dit is onder dié ingroeiing waar die klippies op die oomblik gesoek word.

Ondersoeke het getoon dat die kimberlietpyp nog ’n geskatte miljoen karaat dra, maar om dit te ontgin sal ’n nuwe Cullinanmyn tot ’n diepte van 1000 m geskep moet word teen miljarde rande se koste.


’n Poskaart van koekepanne wat in 1912 in die myn gebruik is.
Foto: John Lincoln

Diamante
Die Cullinanmyn, die eiendom van Petra Diamonds, ’n konsortium wat die myn sedert 2007 besit en bedryf, het reeds ’n kwart van die wêreld se grootste diamante gelewer. Om by die lys by te voeg, het die hoofuitvoerende beampte van Petra Diamonds, Johan Dippenaar, onlangs verklaar dat ’n skaars, glinsterblou diamant van 26.58 karaat in 2008 hier ontdek is.

’n Pragtige, foutlose diamant van 7.03 karaat is hieruit gesny en die internasionaal-bekende afslaers, Sotheby, het die knewel in Genève ten tye van die ‘Magnificent Jewels’ vendusie op 12 Mei te koop aangebied. Die geskatte waarde is tussen 5.8 en 8.5 miljoen Amerikaanse dollar en die nuwe eienaar sal die eer hê om die diamant te benoem. Petra, anders as De Beers wat op volume gemyn het, fokus op waarde en die historiese, Cullinanmyn stel nie teleur nie. Die myn produseer ongeveer 600 000 karaat kleiner diamante per jaar, maar dis die bielies wat die verbeelding aangryp.


Van die grootste diamante wat nog by die diamantmyn ontdek is. Cullinan diamante word in 66 fasette, die bekende stersnit, gesny.

 

© 2020 Die/The Bronberger