Dankie vir eerlikheid PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 07 December 2018 07:56
Untitled Document

Japie Malan van Cullinan skryf:
Ek wil net baie dankie sê aan die Engen-vulstasie op Rayton. Ek het my selfoon langs die vleispasteitjiekas vergeet. Ek het eers op ander plekke gesoek waar ek was en is toe terug na Engen.

Daar het die kassier my gevra of ek dalk my foon soek. Die kassier het my selfoon aan my oorhandig plus R50 se kleingeld vir die petrol wat ek ingegooi het en nagelaat het om te vat.

Ek was so verlig dat ek die R50 aan hom gegee het om koeldrank mee te koop. Ek wil Gerhard van Wyk en sy personeel bedank vir hulle eerlikheid.

 

© 2019 Die/The Bronberger