Breek my hart PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 07 December 2018 07:56
Untitled Document

Lucia Greyling van Cullinan skryf:
Die begraafplaas in Cullinan lyk aaklig. Die ‘openbare toilette’ is gebou en nog nooit gebruik nie. Die begraafplaas lyk onversorg en die onkruid staan hemelhoog tussen die grafte.

Die kraan waar ons moes water tap, is al vir ’n paar jaar ’n moeras, want daar is baie mense wat daar kom water tap vir elke dag se gebruik. Ek wonder wie betaal daarvoor, want die waterrekening in ’n gewone huishouding is hemelhoog.

Ek kon nie eers die houer wat op my skoonmense se graf is (was), vol maak vir die blomme nie, want die houer, ’n blikemmer, is nou ewe skielik skoonveld.

As ek so rondkyk in die begraafplaas breek my hart, want dit is ’n laaste rusplek vir baie mense en nou lyk dit so en die goed wat van die grafte af wegraak, wat met liefde daar gesit is deur geliefdes . . .

 

© 2018 Die/The Bronberger