Elsabé Marais
Vroeg die week het dit al geroer
by die NG Kerk Premiergemeente
op Cullinan, want op
Saterdag 2 Mei was die Cullifest by
die rugbyvelde.
Vanjaar se Cullifest het nie net 1000
besoekers per trein met die ‘Friends
of the Rail’ gebring nie, maar almal
wat vier seisoene in een dag wou
trotseer, was daar. Op die ou end
het die wind rustig uit die weste gewaai,
net genoeg om die stoffies te
verdryf, en almal kon weer en weer
gaan pannekoek en koffie koop.

Die veteraan Farmall Cub het veilig tussen die besoekers deur gedreun
Die vrouens van die kerk het heerlike
koeksisters gebak wat die aandfunksie
se gaste om hulle lapavure
geniet het. Theuns Jordaan en sy
orkes het die aandkoue weggesing
en nuwe vrienskappe is gou gesmee.
Groot en klein het hulle speelgoed
saamgebring en was dit nou
met hondjies, trekkers en enjins of
by die pretpark op die swaaie en
‘quad bikes,’ daar is met oorgawe
gespeel.
 Die koeksisterbakkery het glad verloop.
Ouers kon met gemoedsrus die dag
geniet terwyl die kleingoed onder
toesig in die rugbyklub se saal baljaar
het. Sekuriteit was binne en
buite die terrein duidelik sigbaar en
by die polisie se stalletjie het lede
van die Cullinanse polisiestasie wiptolle
en mooi liniale aan gretige
handjies uitgedeel.
Almal her hand bygesit met die open
aflaai en regmaak vir die groot
dag en volgens ds. Tienie de Bruyn,
van die NG gemeente, het die
opkoms en deelname alle verwagting
oortref. Die fondse gaan baie
gaatjies waar daar nood is, toestop.
. 
Die hondjies het
die dag saam
kom geniet.
|