leserslens November 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 20 November 2018 14:44
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Hondevreugde in die oopte: Sheila, die Great Dane, en Minion, die Yorkie, geniet die vryheid van die veld op die Burgess-familie se plaas net buite Rayton op Tweefontein
Foto: Laurika van der Linde


Iewers tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit met sonsopkoms
Foto: Ronell van der Merwe


 ’n Dwarrelwind skop roet en as op in Kleinfontein se geweste na veldbrande
verwoesting gesaai het
Foto: Ria Pieterse


Die jakarandas van Cullinan se oudorp het weer vanjaar ’n pragtige vertoning gelewer. Laurika van der Linde het die foto geneem


Laurika van der Linde het dié haastige paradysvlieëvanger in Rayton ‘raakgeskiet’


Ria Pieterse was saam met die voëls wakker om die rooidag te begroet


Laurika van der Linde het dié grysbekneushoringvoël net buite Rayton sien verby vlieg


Carel Breytenbach wys hoe mooi dié kaktus in sy tuin op Kleinfontein blom


Cullinan is mooier as ooit met die jakarandas aan die blom, sê Antoinette Basson wat foto’s, geneem deur Annemarie Van Greunen, ingestuur het


Daleen Small wys hoe lyk dit as die son op Tweedracht sak

 

© 2018 Die/The Bronberger