Beskeie skoolbank het vele gesigte gehad Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 20 November 2018 16:43
Untitled Document

Goed of sleg, min mense vergeet hulle twaalf jaar agter die skoolbanke. Met duisende matrieks wat eersdaags die skool verlaat het ons in ‘n terugblik gaan kyk hoe skoolbanke oor die jare verander het.

Die kenners sê dat skoolbanke soos ons hulle ken, nie voor 1880 gemaak is nie. Voor dit was daar nie wette wat alle kinders verplig het om skool te gaan nie. Baie van dié wat wel onderrig ontvang het, is by die huis geleer waar hulle by grootmens-grootte lessenaars gesit het. Ander het private instansies besoek waar hulle op banke aan lang tafels ingeryg is of op stoele moes sit en op die skoot skryf.


‘n Skets van Lady Anne Barnard wys die binnekant van die kerk by Genadendal,
wat in1676 ook as skool gedien het
Foto: Nasionale Argiewe

Deur die eeue het ‘n groot aantal opvoedkundiges dwarsoor die wêreld verskillende soorte skoolbanke ontwerp, waarvan baie patente hulle weg na Suid-Afrika gevind het.

Die eerste formele skool in Suid-Afrika is in 1658 deur die Hollands Oos-Indiese Kompanjie begin. Die onderwyser was Pieter van der Stael en dié skool het eintlik gefokus op onderrig vir die slawekinders wat met die Hollandse skip, Amersfoort, in die Kaap aangekom het.


Nie al die skoolbanke in een klaskamer het dieselfde gelyk nie en regs staan ekstra stoele sonder lessenaars
Foto: Die Vryburger

Ou skoolbanke op ‘n houtvloer
Foto: KanJyNogOnthou
.
.

In 1663 is ‘n tweede skool vir die kinders van koloniste geopen. Daar was 12 kinders van Europese afkoms, vier jong slawe en een Khoi-Khoi-kind. ‘n Klerk van die kerk, Ernestus Back, was die onderwyser.


Hout-en-metaal skoolbanke. Die ronde gate was vir inkpotte waarin penpunte gedoop is
Foto: KanJyNogOnthou


‘n Dubbelsitplek bankie
Foto: KanJyNogOnthou
.
.

Dié mode-skoolbank is in 1881 deur ‘n Amerikaanse maatskappy, ‘The Sidney School Furniture Company’, begin vervaardig. Die gepatenteerde T-koppeling het beteken dat skroewe nie nodig was nie
Foto: edtechmagazine


Baie onderwysers en meubelmakers was in die 19e eeu besorg oor die verbetering van skoolbanke. ‘n Museum in Amerika wys 150 patente van skoolbanke uit die 19e eeu
Foto: Alexandra Parker-versameling


In die 1930’s het skoolbanke met verstelbare
stoele in skole verskyn
Foto: Etsy

Die 1880 John Glendenning
skoolbank-model
Foto: Alexandra Parker-versameling


‘School’s Out – Alice Cooper’ staan onder andere op dié skoolbank
Foto: Examdesk


Kinders is soos sardientjies aan dié lang
skoolbanke ingeryg
Foto: media-cache

‘n Lei staan gereed op elke skoolbank
Foto: Goodreads
.


Die staan-lessenaar is vanaf 1899 in klaskamers gebruik toe dr Ludwig Wilhelm Johannes Kottmann in sy boek, ‘School Hygiene’, daaroor geskryf het. Links is die lessenaar vir sit aangepas en regs vir staan
Foto: Art of Manliness


Die lessenaars se bokante kon oplig
Foto: Alida Labuschagne

‘n Victoriaanse skoolbank
Foto: Object Lessons
 

© 2024 Die/The Bronberger