Nickel Kersmark vier 18e jaar PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 20 November 2018 14:35
Untitled Document

Die agtiende jaarlikse Nickel Kersmark is van 24 November tot 9 Desember, daagliks van 9 vm tot
6 nm by die Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) in Zwavelpoort.

Dié mark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, die oorspronklike deel van KWO wat in 1983 begin het. Die tehuis voorsien residensiële sorg vir 140 gestremde volwassenes.


Die Nickel Kersmark bied ‘n wye verskeidenheid Kersgeskenke

Ondersteun gestremdes se handewerk by dié Kersmark
.

Die Kersmark bied produkte wat inwoners in dié instansie se beskermde werkswinkel maak asook ‘n wye verskeidenheid geskenke, ‘n teetuin-restourant, biertuin deur Hazeldean Brewing co, en veilige parkering. Bankkaartgeriewe is beskikbaar.

KWO is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Vir meer inligting oor die mark, skakel 072-705-9636 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2018 Die/The Bronberger