Diamantstormloop neem dorp op horings PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 20 November 2018 14:33
Untitled Document

Die jaarlikse diamantstormloop van bergfietse het Cullinan en omgewing op 3 November op horings geneem. Die Nissan TrailSeeker Bergfietsreeks ses is aangebied vir kinders en volwassenes; professionele fietsryers en beginners.


Bergfietsryers spring weg vir die finale rondte van 2018 se TrailSeeker-reeks
Foto’s: Henk Neuhoff
Die 42-jarige David Cooke, voor, het die sesde en finale been van die TrailSeeker-reeks gewen
.

Daar was ‘n marathon van 70 km, ‘n half-marathon van 40 km, en twee pretritte van 20 km en 10 km. Die langer roetes het deelnemers deur wildparke geneem en hulle het op die rand van ‘n waterval en deur ‘n grot, rotsskeure en oor houtbruggies gery.


Op die rand van ‘n waterval

Die mans se marathon is deur David Cooke in ‘n tyd van 2:28:50 gewen. Bradley Potgieter (2:28:50) was tweede en Pieter Korkie (2:28:51) derde.


Fietsryers moes deur ‘n rotsskeur ry

Die vroue se marathon is deur Sarah Hill in ‘n tyd van 2:48:26 gewen. Johandri Leicester was tweede (2:52:58), gevolg deur Faye Darby (3:09:28).


‘n Fietsryer durf die houtbruggie aan

Hennie van Wyk het die half-marathon vir mans in ‘n tyd van 1:13:28 gewen. Hy is gevolg deur Willie van Eck (1:14:26) en Erick Heyns (1:15:54).


Sarah Hill, die vroue marathon wenner

Die vroue se half-marathon is deur Monique du Toit in ‘n tyd van 1:31:00 gewen. Sy is gevolg deur Natasha Roets (1:31:01) en Jade Slabbert (1:31:51).

 

© 2018 Die/The Bronberger