Klipharde boodskappe van hoop PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 20 November 2018 14:31
Untitled Document

Die kleurvol geverfde klippe wat mense in Lynnwoodweg kon optel het alles met Wêreld Geestesgesondheidsdag te doen gehad. Dit was deel van Taryn-Lee Kearney se ‘Rock bottom’-projek.

Verlede maand het ons berig dat Taryn-Lee Berg Kilimanjaro in Tanzanië vir haar ma gaan uitklim het om die stigma rondom geestesgesondheidsprobleme te breek. Sy het vertel dat mense met gemoedsversteuring ‘n etiket om die nek kry en onbillik hanteer word.


Taryn-Lee Kearney, heel voor, met die groep wat klippe geverf het
Foto’s: Santie Korf Photography


Die gehoor in die teater kafee
.

.

“Dit was oor dié etikette dat my ma, in die beginstadium van bipolêr met erge depressie, gekies het om nie hulp te kry nie en gepoog het om haar eie lewe te neem,” het Taryn-lee gesê.

Die ‘Rock bottom’-projek is op 10 Oktober, Wêreld Geestesgesondheidsdag, by Lagom Cafe in Lynnwoodweg gehou. Deskundiges het praatjies gelewer, mense uit die gehoor het van hulle eie ondervindings vertel en klippe is met bemoedigende boodskappe geverf.


‘n Deelnemer besig om haar klip te verf
.

Een van die klippe met die boodskap: “There is help. There is hope. You are not alone”

Dié klippe is buite die winkelsentrum, langs Lynnwoodweg gepak sodat enige een wat verby loop ‘n klip kon optel en weet dat daar altyd hoop is.

 

© 2018 Die/The Bronberger