Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 20 November 2018 14:29
Untitled Document


Cosmos Country Market se Kersmark is op Saterdag 15 Desember op plot 78, Vaalbank oorkant Wet Nose Dierereddingsentrum. Die mark begin om 9 vm en daar is veilige parkering. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kraampies, ‘n tee- en biertuin op groot grasperke onder koeltebome. Uitstalling is gratis. Bespreek jou kraampie by Kat: 084-579-1803.

~*~


Windpomp se volgende mark is op 24 November van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Die laaste mark van die jaar is op 8 Desember. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 0.336 E028 23.477.

~*~


‘n Tradisionele Duitse Kersmark word op Saterdag 1 Desember van 4 nm tot 10 nm by die Duitse Skool gehou. Dié aandmark het ‘n spesiale atmosfeer met feestelike liggies, Kersmusiek, tradisionele Duitse kos, kraampies, Kersversierings en -geskenke. Toegang en parkering is gratis en daar sal aktiwiteite vir kinders wees, asook drankies vanuit ‘n gelisensieerde kroeg. Die Duitse skool is op die hoek van Simon Vermooten en die N4-snelweg se afrit, Die Wilgers. Vind hulle by 25.74529° S, 28.33158° E. Stuur ‘n e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Soek jy ‘n tikkie inspirasie vir jou Kersete? Sjef Liza Strauss bied ‘n demonstrasie van ‘n heerlike Kersmaal aan op 5 en 6 Desember van 9 vm tot 3 nm by Sherewood Lodge. Kaartjies vir ‘My Christmas Table’ kos R500. RSVP teen 30 November by 083-279-1733 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Black Cat Bones offers a de-boned acoustic evening on 22 November from 7.30 pm at Lagom Cafe, Ridge Square on Lynnwood, corner of Lynnwood Road and Albeth Street. Tickets cost R260 per person including dinner and the show. It is R130 for the show only. Phone them at 083-281-7284.

~*~


‘Willie Strauss Kook Langs Die Spoor’ is die naam van Willie se opvoering onder die sterre, reg langs die treinspoor in Cullinan. Kaartjies kos R150 vir dié opvoering op 30 November om 7 nm en is beskikbaar by www.quicket.co.za/events/62069-willie-strauss-kook-langs-die-spoor/.  Die winkels by Cullinan Junction gaan oop wees vir proe-genot ná die opvoering. Skakel 081-584-3843.

~*~


November se optrede-program by Sink Shack in Bronkhorstspruit is as volg: 16e – National Insodent; 17e –The Legacy; 21ste – Jaco Mans; 22ste – Bob Foley; 23ste – Andrew Ella; 24ste – Kenny Huges; 28ste – The Catharina; 29ste – Chaos Control. Vroeg in Desember is die volgende kunstenaars aan die beurt: 1ste –Justin Serrao; 5e – Heather Waters; 6e – Heather Waters; 7e – Chris Cameleon. Die Sink Shack is in Cathystraat 57. Skakel 078-517-1492 of 078-741-7597.

~*~


Friends of the Rail has Freedom Diamond Express steam train trips to Cullinan on 24 November and 2 December and Santa’s Diamond Express trips on 9 and 16 December. Return tickets cost: Adults – R320; pensioners and disabled persons – R270; teenagers (13–18) – R240; children (4–12) – R160; and infants (0–1) – free. Call them at 012-767-7913 or 082-098-6186.

~*~


Craig Müller se uitstalling, ‘Starboat Relics’ is tot 20 November by Art Box Galery.  Sy werke gee jou die indruk van industriële sketswerke gekombineer met ‘n fantasie-wêreld.
Baie mense praat ook van sy werke as dié van ‘n moderne Da Vinci. Skakel 012-346-0710 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die galery is in Skilpadweg 86, Monumentpark.

~*~


Uitstallers word uitgenooi om deel te neem aan die Somer Trou Ekspo wat op 9 en 10 Februarie by Riverside Castle in Zwavelpoort beplan word. Vir meer inligting, bel die ekspo koördineerder, Ramona Kruger by 062-938-7228 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Afrikaans is Groot’ word van 23 November tot 2 Desember by Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn gehou. Op Donderdag en Vrydag begin die vertoning om 7.30 nm; op Saterdag is daar ‘n vertoning om 1 nm en 7.30 nm; en op Sondag is die vertoning om 1 nm. Daar is geen vertonings op 26, 27 en 28 November nie. Kaartjies kos R175 tot R595. Skakel 086-084-6377.

~*~


‘Messenger’ is die naam van Nataniël se vertoning wat van 27 November tot 2 Desember by Atterburyteater aangebied word. In ’n tyd van die jaar wat tradisioneel met feesviering en inspirasie geassosieer word, bekyk Nataniël die sosiale verskynsels van tekens, boodskappe, vermoedens, spreekwoorde, skokke en onthullings wat verlam, verras en vernuwe. Die opvoering is ’n versameling nuwe verhale, in Engels en Afrikaans, oorspronklike komposisies, tydlose musiek voorheen gesing deur kunstenaars soos Tom Jones, Amy Winehouse en BB King, en ook ’n asemrowende garderobe uit die werkswinkel van ontwerper Floris Louw. Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en sanger Nicolaas Swart. Die vertonings begin om 8 nm van Dinsdag tot Saterdag en 3 nm op Sondag. Kaartjies kos R190 per persoon. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Adam Tas tree op 30 November om 7 nm by Weiveld op. Adam sing menigte se harte warm met sy Afrikaans met ‘n “Rock” ondertoon. Hy doen dit al sedert ’n klein begin jare gelede in Hatfield. As kind aan die Laerskool- en later Hoërskool Garsfontein het sy toekomsplanne nooit musiek ingesluit nie. Dit was ‘n fietsongeluk wat sy liefde vir dié kunstipe gekweek het. Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel. Kaartjies vir Adam se vertoning kos R80. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad. Skakel 071-471-6698.

~*~


Harmonie Stalle op plot 19, Bashewa hou op 1 Desember vanaf 9 vm ‘n pretskou met agt verskillende klasse wat strek van fantasiekostuums tot ‘n hindernisbaan. Toegangsfooie is R100 ‘n klas. Bel Cindy Werner by 082-564-9617.

 

© 2018 Die/The Bronberger