Hof beslis teen kragmeterkontrak PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 20 November 2018 14:26
Untitled Document

‘n Hofoorwinning op 23 Oktober het ‘n einde gebring aan die vyf-jaar-lange hofstryd om die metroraad se omstrede voorafbetaalde kragmeterkontrak ter syde gestel te kry.

Verlede jaar op 13 Oktober het ‘n volbank regters van die Noord-Gautengse hoë hof reeds beslis dat die kontrak tussen die Stad Tshwane en PEU Capital Partners ongrondwetlik en onreëlmatig is en dat die gevolge daarvan nietig is.

Die bevel, wat ‘n betaling van R950 miljoen aan PEU verhoed het, is opgeskort hangende ‘n proses om ‘n billike plan te vind om die kontrak en meters wat reeds geïnstalleer is, uit te faseer. Die stad het vier maande om sy eie meters te installeer en kan kies wanneer dié vier maande begin.

Met 23 Oktober se hofverrigtinge is ‘n skikkingsooreenkoms ‘n bevel van die hof gemaak en ‘n kostebevel is aan Sakeliga toegeken.

Die kontrak het die stad se belastingbetalers glo R5 miljoen per dag gekos.

 

© 2018 Die/The Bronberger