Kersuitgawe bied bonus PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 20 November 2018 14:22
Untitled Document

‘n Baie spesiale Bronnie word in die gees van die Kersseisoen vir vroeg in Desember beplan. Ons sien daarna uit om interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, met die klem op Kersfees en die feesseisoen, op te dis.

Dit word beoog om reeds op 5 Desember met die verspreiding van ons Kersuitgawe te begin. Soos gebruiklik verskyn Januarie se Bronnie eers laat in die maand. Dit bied aan adverteerders die geleentheid van blootstelling in die uitgawe met die langste rak- en leeslewe van die jaar.

En hieruit kan veral adverteerders munt slaan met ‘n lekker blootstelling-bonus. Die meeste van ons lesers het in dié vakansietyd ook baie meer ‘leestyd’ as gewoonlik.

Die verlede het geleer dat die Bronnie se Kersuitgawes baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Die spertyd vir plekbespreking is 27 November.

Adverteerders en lesers word genooi om van die geleentheid gebruik te maak om hulle Kers- en Nuwejaarswense en spesiale aanbiedinge oor die vakansieseisoen in ‘n advertensie of in ‘n lesersbrief of -bydrae in dié besondere uitgawe oor te dra.

Omdat ons in lesers se huise gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in hulle advertensies oor te dra en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat deur die jaar geniet is.

Moenie die kans verspeel om deel te wees van 2018 se baie besonderse laaste uitgawe nie. Ons hoor graag van lesers wat interessante Kersfees- en vakansiestories het en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers kan gerus ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ‘n briefie in die Bronnie oordra. Stuur jou brief per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 082-377-6807 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2018 Die/The Bronberger