Mev Raasbek PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 20 November 2018 14:20
Untitled Document

Angelique Flynn van Shere skryf:
Hier by my werk is ’n histeriese hadida, vir wie ek heeldag terug skreeu.

Ek het vir Victor, die man wat saam met my werk, gesê hy moet in die boom klim en kyk of daar eiers in haar nes is, want ek wil sien hoe dit lyk. 


Victor in die boom

Mev Raasbek op haar nes

Gou-gou is hy op in die boom oorkant die nes en het toe met sy foon die eiers vir my afgeneem.  


Victor het die nes met eiers met sy selfoon afgeneem

Toe ek hier sit en wonder hoekom die hadida dan nou so stil is, het ek gaan kyk. Daar sit mev Raasbek nou tjoepstil op haar eiers en loer net so skeef vir my by die nes uit.

 

© 2018 Die/The Bronberger