Natuurerfenis word vernietig PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 23 October 2018 09:23
Untitled Document

Die pragtige klipkoppie op Rietvlei View word vir bouwerk opgekap en die bobbejaansterte en proteas bly in die slag. 

So sê Runa-Marie Jonker, wat foto’s op dieselfde plek geneem het op Erfenisdag 2015 en Erfenisdag 2018.


Dié foto van blommende bobbejaansterte op Rietvlei View is op Erfenisdag,
24 September 2015, geneem
Foto’s: Runa-Marie Jonker

Bobbejaansterte, Xerophyta retinervis, blom in die lente of vroeë somer. Hulle kom net op sommige plekke in die hoëveld voor en kan glad nie verplant of gekweek word nie, sê sy. Sy sien ook nie meer die proteas daar wat sy in Januarie 2016 in daardie omgewing afgeneem het nie.


Dié foto van die stukkend gekapte rotse op dieselfde plek is op Erfenisdag 2018 geneem. Daar blom geen bobbejaansterte nie en daar is nie ‘n protea in sig nie

“Is dit hoe ons natuurerfenis bewaar word,” vra Runa-Marie.

 

© 2018 Die/The Bronberger