Seniors hou kolwyntjiekuier PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 October 2018 09:19
Untitled Document

Tierpoort Seniors het die aanbreek van somer met kreatiewe denke en vlytige vingers gevier.

Gasheer, Danie Crous van Rolling Waters in Nkwestraat, het sy nuwe lapa op ‘n gepaste wyse geopen deur dit op 3 Oktober aan die seniors vir hulle funksie beskikbaar te stel.


Nellie Roos met die spuitsak

Na ‘n verwelkomingsdrankie van vrugtepons het komiteelid, Yvette Botha, demonstreer hoe kolwyntjies met Pettinice en ‘n versiersel-spuitsakkie versier kan word.

Die kolwyntjies, deur die komitee gebak, is met ‘n wye verskeidenheid versierings uitgedeel. Daar is pryse verskaf vir die verskillende afdelings, naamlik: Die kolwyntjie wat somer die beste uitbeeld; die prettigste; moeilikste; kleurvolste; besigste; en mees minimalistiese kolwyntjie.


Maureen Bellingan is baie trots op haar kolwyntjie

Seniors het met groot geesdrif en baie konsentrasie deelgeneem. Daarna kon die deelnemers hulle eie hamburgers met tuisgemaakte plat-frikkadelle en ‘n verskeidenheid vulsels bou. Dit is aangevul met slap tjips en verskillende souse.


Lawrie Marshall het die prys ontvang vir die kolwyntjie wat somer die beste uitbeeld

Die oggend is met ‘n tipiese somer-nagereg van sponsjellie, gevul met vrugte en roomys, afgesluit.

 

 

© 2018 Die/The Bronberger