Suksesvolle invlieg-dag by Kitty Hawk PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 October 2018 09:18
Untitled Document

Kitty Hawk se jaarlikse Invlieg-dag in September was ‘n groot sukses en bykans 70 vliegtuie het daar besoek gaan aflê.


Bykans 70 vliegtuie het die invlieg-dag op Kitty Hawk bygewoon
Foto’s: Willie Bodenstein

Omtrent 40 vliegtuie was Vans RVs van alle soorte. Dié vliegtuie word so genoem na aanleiding van die Amerikaanse Richard ‘Van’ van Grunsven wat in 1973 ‘n maatskappy gestig het wat mense in staat stel om vliegtuie self op te bou. Dié proses is vir amateurs en die vliegtuie kan van voor af uit planne of monteerstelle opgebou word.


Een van die vliegveld-beamptes in aksie

Tien van die vliegtuie wat by Kitty Hawk opgedaag het was RV 10’s, ‘n vier-persoon vliegtuigie. Alle vlieëniers is met ‘n gratis ontbyt en koffie bederf. Veteraanmotors is ook by die invlieg-dag uitgestal.
Nigel Musgrave was die veiligheidsoffisier by dié vliegveld op Boschkop.


‘n Girokopter in aksie

Die ‘Raptors’ se oefensessie

 

 

© 2018 Die/The Bronberger