Ons mag dit aanbeveel PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 23 October 2018 09:15
Untitled Document

Die oorweldigende goeie wense en positiewe terugvoer van ons lesers met ons onlangse verjaardaguitgawe en ook deurlopend oor die Bronnie se bestaansjare heen, laat die hart sommer lekker warm klop.

Ons voel ons diep dankbaar vir die ongekende meelewing van die Bronnie se lesers en ook teenoor die gewaardeerde adverteerders wat dit moontlik maak om ‘n onafhanklike gemeenskapsblad die afgelope 16 jaar in die Bronberg-gebied te kan publiseer.

Ineengevleg is dié lesersmeelewing en die feit dat soveel ondernemings verkies om hulle advertensies in Die Bronberger te plaas: Die Bronnie is geseënd genoeg om derduisende geesdriftige en getroue lesersvriende te kan hê en dit is ‘n uitgesproke feit dat dié lesers uit hulle pad gaan om hulle eie tydskrif se adverteerders te ondersteun. Maar wag, ons laat enkele van ons lesers self praat:

Helena Naude Potgieter: “As ons dienslewering of produkte benodig, is die antwoord altyd: Kyk in die Bronnie vir ‘n advertensie.”

Trix van den Berg: “Ek het al baie keer Die Bronberger gebruik vir sy advertensies. Dit is ‘n handige boek om byderhand te hê as jy byvoorbeeld dringend op soek is na ‘n loodgieter of toerusting, of as jy hulp met enigiets nodig het.”

Karel Gerber: “Ek lees die Bronnie van die heel eerste uitgawe af. Die Bronberger is altyd vol interessante artikels en advertensies. Hou dit so.”

Juanita Jamneck: “Die advertensies word ook op ‘n gereelde basis in my huis geraadpleeg – as ons enige iets soek of moet laat doen, gryp ons eerste die Bronnie!”

Esmé Meyer: “Die aanskoulike advertensies, een en elk in kleur, en die plekke en dinge wat dit verteenwoordig trek mens onvoorwaardelik in om selfs dit met genieting aandag te gee.”

Engela Hennop: “Ek hou van die geskiedenis-artikels en maak staat op die advertensies uit die omgewing.”

Koos Reynecke: “Aanvanklik het ek nie gedink dat hierdie pragtige, stewige kleurvolle gladdepapiertydskrif dit langer as ‘n jaar of twee sou kon volhou nie. Danksy die Bronnie se puik span, asook die inwoners en lesers van die omgewing, ondersteun deur ‘n gebalanseerde hoeveelheid adverteerders, het ek in 16 jaar, nooit een duim agteruitgang gesien nie, nee, nét vooruitgang!”

Gwendoline Visagie:Die Bronberger is voorwaar ’n puik tydskrif met interessante artikels wat die leeslus aanwakker en adverteerders waarop ons kan staatmaak. Veels geluk aan algar wat werk om ’n uitstaande produk te lewer. Lank lewe die Bronnie!”

Ons kan net weer ons opregte dankbaarheid teenoor ons wonderlike lesers en adverteerders uitspreek. Julle maak dit moontlik dat ons met vrymoedigheid en ‘vol’ beloftes ‘n advertensie in Die Bronberger mag aanbeveel . . .

 

© 2018 Die/The Bronberger