Uitstekende adverteerder PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 October 2018 09:14
Untitled Document

Melanie Botha van Zwavelpoort skryf:
 “’n Mens wat met sy hande werk, is ’n arbeider, ’n mens wat met sy hande en brein werk, is ’n vakman . . .” – Louis Nizer (vry vertaal).

Ons huis in Zwavelpoort is oorspronklik in 1972 gebou. Ons het hom in 1992 gekoop en betrek. Dit is dus te verstane dat die huis teen 2018 redelike onderhoudswerk sal benodig. 

Vir loodgieterswerk het ek julle adverteerder, Johan Botha van Noodkreet Loodgieters genader – en ek kan hom met vrymoedigheid aanbeveel. 

Johan is nie net ’n vakman soos hierbo beskryf nie, maar duidelik ook lief vir wat hy doen. Geen probleem is vir hom te groot nie, en elke ding word eers oordink, bespreek, en verskillende moontlikhede word uitgewys. Daarna word die taak met groot sorg deurgevoer. Waarlik ’n verfrissende ervaring.

 

© 2018 Die/The Bronberger