Honde wat blaf PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 October 2018 09:13
Untitled Document

Jeanette Cottle van Schoemansville skryf:
Ek het onlangs julle artikel, ‘Sonde met die honde van die blafdowe bure’ van November 2013, op julle webtuiste gelees. Ek het ’n buurvrou wie se hond so blaf. Dit is nou ’n jaar wat ons haar smeek om plan te maak.

Ek het toe ’n saak by SAPD Hartbeespoortdam gaan maak. Die regsafdeling het my gehelp. Die hond het vir drie weke ophou blaf.

Woensdag bel ’n ondersoekbeampte my en deel my mee dat die staatsaanklaer weier om te vervolg.

Dit is in ’n hond se natuur om te blaf. Vrydag is die hond weer terug by buurvrou. Kan iemand my raad gee of help? Bel my by 071-515-8202.

 

© 2018 Die/The Bronberger