Geniet toeka PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 October 2018 09:12
Untitled Document

Piet Ebersohn van Corfu skryf:
Ek geniet Die Bronberger se toeka-stories geweldig, en krap van tyd tot tyd op julle webtuiste daarin rond. In Pretoria kon ek dit darem eerstehands in die tydskrif lees. Gaan so voort.

Suid-Afrikaners bestee, myns insiens, heeltemal te min aandag aan plaaslike geskiedenis, en om die rede het ek en ’n paar ou skoolmaats ’n Facebook-blad geskep om die Vaalharts-besproeiingskema – waar ons grootgeword het – se geskiedenis wyer aan te teken as wat dit tot dusver gedoen is.

Nogmaals baie dankie.

 

© 2018 Die/The Bronberger