Sestien jaar . . . PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 25 September 2018 13:33
Untitled Document

Met hierdie spesiale uitgawe vier ons saam met julle die Bronnie se 16e verjaardag. Ons vier dit in diepe dankbaarheid teenoor elke leser en adverteerder wat dit moontlik gemaak het vir Die Bronberger om in sy wonderlike gebied wortel te skiet en oor 16 jare heen stewig te staan en te groei – ‘n voorreg wat weinig onafhanklike publikasie beskore is. Ons is veral ook dankbaar vir die broodnodige genade van bo.

Ons is dankbaar teenoor ons adverteerders – groot en klein, gereeld of sporadies. Julle is die lewensbloed wat die Bronnie moontlik maak. Die ondersteuning wat ons selfs in moeilike ekonomiese tye geniet, word oneindig baie waardeer. En dit dien terselfdertyd as barometer vir die Bronnie se gewildheid onder sy lesers en hulle bereidwilligheid om ons adverteerders te ondersteun.

Die verjaardagspannetjie wat hier bo deur Frans Esterhuyse uitgebeeld word, stap die Bronniepad al donkiejare saam. Dit is ‘n voorreg om saam met voorslagvroue soos Angie, Jeanette en Tania aan elke liewe Bronnie te werk. Dankie!

Klink saam met ons ’n glasie op sestien van die bestes wat verby is. Ons sien met vertroue en geloof daarna uit dat die heel beste verjaardae nog voorlê. Gesondheid!

 

© 2018 Die/The Bronberger