Leserslens September 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 25 September 2018 13:13
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.  Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Op ’n plaas buite Rayton het Lee Ann Schultz baldadig in ’n boom baljaar terwyl ’n rooibok die vreemdheid onderdeur beloer het
Foto: Laurika van der Linde


Mariska van Zyl het Marius du Plooy van Kaalfontein saam met sy ryperd, Regter, afgeneem


Ronell van der Merwe het dié kordaat hoenderhaan by die teetuin van Du Plooy Melkery raakgeloop


Wattewolke met sonsondergang
Foto: Emma Koekemoer


’n Rustige en vreetsame toneeltjie by Kiepersolkamp op Zwavelpoort
Foto: Engela Botes Hennop

 

© 2018 Die/The Bronberger