Jong ruitertjies presteer PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 September 2018 13:08
Untitled Document

Die mense by Liberty Stalle op Mooiplaats is baie trots op twee van hulle jong ruitertjies wat baie goed gedoen het in die perdesport skoleliga (SANESA) vir die Tshwane-streek.

Mirabelle Neveling en haar ponie, Dexter, het die eerste plek in die vlak 0 (nege jaar en onder, sonder leiriem-groep) behaal. Melissa van der Merwe en haar ponie, Vuurslag Lielie, was derde in dieselfde groep.


Melissa, links, op Lielie en Mirabelle, regs, op Dexter saam met instrukteur, Stephanie Terreblanche, en versorgers, Ishmael en Patrick

Melissa het al vantevore die leiriem groep met Liberty’s Pasella gewen maar dit was dié jaar die eerste keer wat sy in die onder nege, sonder leiriem-groep op Lielie deelgeneem het. Mirabelle het ook dié jaar vir die eerste keer met Dexter deelgeneem. Sy het hom eers aan die begin van die jaar gekry.

 

© 2018 Die/The Bronberger