Bapsfontein slaan brak-rekord PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 September 2018 13:06
Untitled Document

‘n Wêreldrekord is met die Bapsfontein ‘parkrun’ se eerste verjaardag op 1 September opgestel:  Die meeste honde wat nog aan ‘n ‘parkrun’ deelgeneem het, het opgeruk.

‘n Totaal van 271 hondeliefhebbers het dié Saterdag by die plaas Doringdraad net buite Bapsfontein opgedaag. Besonderhede van elke hond is deur die dag aangeteken en 85 honde is gesertifiseer as suksesvolle deelnemers aan die gebeurtenis.


Tanya Strachan met Dude, haar Chihuahua

Van die 85 honde was 53% manlik en 47% vroulik. Die ras wat die grootste verteenwoordiging daar gehad het was die 16 Jack Russels, gevolg deur sewe kruisrasse van onsekere oorsprong. Een van dié kruisrasse het die eerste prys gewen: Chompie, wat deur Catherine van Schalkwyk ingeskryf is. Op die inskrywingsvorm is sy ras net as ‘hond’ beskryf.

Die kleinste honde was Sunet Bezuidenhout en Tanya Strachan se twee Chihuahuas en die grootste honde was twee Ysterberger Mastiffs wat aan Abrie en Madelein de Wet behoort.

Bapsfontein ‘parkrun’ daag die res van die land uit om te sien of hulle dié brak-rekord kan verbeter.

 

© 2018 Die/The Bronberger