Hervormde hippies huppel op fees PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 September 2018 13:04
Untitled Document

Die Premiermyn Hervormde Kerk se Hippie Lentefees was op 1 September op Cullinan. Die gemeente se 50-jarige bestaan, van 1968 in hippie-tyd tot 2018, is met dié fees gevier.


Die 14-jarige Ilke van Zyl, links, was die wenner van die kolwyntjie-kompetisie. Alta Smit, regs, oorhandig die prys aan haar

Hippies het die kraampies beman en -vrou
.

Die hippies wat so konfedereer is Dina Fromentin, links; dr Johan Otto, gemeentepredikant, middel; en Alta Smit, regs
.

Daar was ‘n allemintige koektafel, vetkoek, pannekoek, skaapkerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg, gebak, groente, tombola, skyfskiet, ‘n skattejag en speletjies vir jonk en oud.


Onder die bome is daar sosaties gebraai

Die tema-wenner was die kerrie-en-rys kraampie

Die kerrie-en-rys kraampie het die prys vir die beste kraampie op die hippie-tema gewen en die tombola-kraampie was tweede. Die kolwyntjie kompetisie is deur die 14-jarige Ilke van Zyl, wat eendag ‘n loopbaan met bak-en-brou wil bou, gewen.

 

© 2018 Die/The Bronberger