Herwinning help PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 September 2018 13:02
Untitled Document

Suiderkruis Voortrekkerkommando samel herwinningsmateriaal in om rolstoele aan die QuadPara Vereniging te skenk. Hoërskool Die Wilgers, Laerskole Tygerpoort,  Pretoria Oos, Skuilkrans en Die Krans neem aan die projek deel.


Suiderkruis Voortrekkers by die eerste besending
Foto: Bill Gie

Vir elke 450 kg plastiese proppies of elke 50 kg plastiese broodknippies word daar ‘n rolstoel aan die OuadPara Vereniging van Gauteng-Suid geskenk. Die Voortrekkers het reeds meer as 600 kg van dié herwinningsmateriaal ingesamel en sluit die projek op 9 Oktober af. Hulle hoop om dan ten minste drie rolstoele te bekom. Bel Erna Louw by 082-467-7332.

 

© 2018 Die/The Bronberger