Ons groet ‘n merkwaardige Bronnievriend PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 25 September 2018 12:57
Untitled Document

Johannes Inse Verbeek van De Meerpaal-aftreeoord is onverwags op 18 Augustus in die ouderdom van 85 jaar oorlede.

Johan, of Joop soos baie mense hom geken het, is in Ermelo in Nederland op 5 Februarie 1933 gebore. In 1953 het hulle as gesin vanaf Engeland met die Carnarvon Castle na Kaapstad, Suid-Afrika vertrek.

Die gesin het in Pretoria gaan bly, waar Johan in 1956 in die huwelik getree het met Diny van Dijken. Hy het homself in die boubedryf bekwaam en het met sy aftrede later by die Meerpaal-aftreeoord begin werk, waar hy verantwoordelik was vir instandhouding.

In 2012 het Johan en Diny vanaf Wapadrand na De Meerpaal verhuis, waar hy getrou elke maand Die Bronberger in Wapadrand gaan haal het en seker gemaak het dat elke inwoner van De Meerpaal ‘n kopie gekry het.


Johan Verbeek

“As sy kinders het ons ook gereeld oorblywende Bronberger-tydskrifte te lese gekry. Dit was ‘n verantwoordelikheid wat hy met blydskap vervul het tot met sy afsterwe,” sê sy seun Rudi.

Mede-inwoner, Hans van de Putte, sê dat Johan seker gemaak het alle Meerpaal-inwoners kan self die Bronnie se stories en advertensies lees.

“So baie mense het hom geken en waardeer. Hy was ‘n mense mens en kon heerlik gesels met almal.”

“In sy gesonde jare het hy baie mense met allerhande werkies gehelp, was baie bekwaam in houtwerk, soos wat op baie plekke bewys kan word. Heel gesellig kon hy met ander besig wees om groot en moeilike legkaarte in die biblioteek te bou.”

“Ons almal, saam met sy familie sal hom baie mis,” sê Hans.

 

© 2018 Die/The Bronberger