Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2018 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 25 September 2018 12:55
Untitled Document


Windpomp se Lentemark is op 29 September van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608. Vind hulle by S26 02.336 E028 23.477.

~*~


Tierlantyntjies-mark word van 27 September tot 2 Oktober by die Capital City Church International in Saalstraat 56, Zwavelpoort gehou. Daar is meer as 80 uitstallers, van juwele en klere tot geskenke, speelgoed en dekor en deli-soort koskraampies. Besoekers kan ’n ete en glasie wyn in ’n groot tent geniet terwyl hulle na plaaslike musikante luister. Kinders word besig gehou in kreatiewe werkswinkels, met gesigverf, kolwyntjieversiering, sandkuns, mosaïek, kralewerk en ’n pretpark. Die mark is op die Maandag en van Donderdag tot Saterdag van 9 vm tot 6 nm; op Sondag van 10 vm tot 4 nm; en op Dinsdag van 9 vm tot 4 nm. Toegang is R35. Skakel 012-940-0346.

~*~


Pascal en Pearce KDC LA CRUZ tree op 28 September by Rafters op en kaartjies kos R100. Chunda Munki is op 12 Oktober aan die beurt en kaartjies kos R60. Spoegwolf tree op 13 Oktober op en kaartjies kos R120. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof. Skakel 082-600-3469.

~*~


The next Vegan Food Fair is on 14 October from 8 am to 5 pm at Klitsgras Drumming Circle in Tierpoort. There will be pizza, burgers, milkshakes, vinyls, vintage clothing, cosmetics, fresh produce, music, interactive activities, jewellery, heirloom vegetables, saplings, coffee and baked goods. The fair is held every second Sunday of the month at 62 Leribisi Road, Tierpoort. Entrance is free. Phone them at 083-311-0025.

~*~


Coenie de Villiers en Deon Meyer tree op 30 September om 5 nm by Atterbury-teater op met ‘Karoo Suite’. Die vertoning bestaan uit ‘n eerste gedeelte waarin Coenie en sy orkes ‘n keur uit sy werk speel. Regisseur Jaconell Mouton is op klawers, David Klassen op perkussie en Mauritz Lotz kitare. Die tweede deel van die program bestaan uit die ‘Karoo Suite’, ‘n musikale- en tekswerk deur Coenie en Deon wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. Kaartjies kos R170 tot R190. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


‘In Ons Skoene’ is die naam van Bobby en Karlien van Jaarsveld se optrede op 3 Oktober om 7 nm by die Rockwood Teater. Die twee sing hulle treffers, gunsteling liedjies en vertel meer van hulle lewens. Dié 90 minute produksie met ‘n vyf-stuk orkes is die eerste keer dat dié broer en suster ‘n hele produksie saam doen en hulle reis deel. Altwee het al hoofrolle vertolk in musiekblyspele en films. Karlien was die algehele wenner van ‘Strictly Come Dancing’ en Bobby ‘n afrigter in ‘The Voice SA’. Kaartjies kos R180. Die teater is in Garstfonteinweg, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~


Die Zwavelpoortse Weiveld hou hulle verjaardagfunksie saam met Jay en Prime Circle op
5 Oktober. Sitplekke en tafels moet voor 7.30 nm. ingeneem word. Geen onder 18’s word toegelaat nie. Kaartjies kos R150. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


The SPCA Wag-A-Walk dog walk is on 7 October from 7 am to 11 am at Hedianga Farm in Olympus. There are both long and short walks. There will T-Shirts on sale, a vaccination station, micro-chipping service, food stalls, pet products and lucky draws at R10 per ticket. Entry costs R40 per person and R20 per dog. Children under 12 enter free. The farm is on the corner of Achilles and Ajax Roads. Phone them at 082-229-6349.

~*~


Kimiad kos- en boeremark word elke Saterdag van 9 vm tot 3 nm by die Kimiad gholfbaan in Moreletapark gehou met kos- en handwerk-kraampies, ’n piekniekarea, musiek-optredes, pretritte en speelplek vir kinders. Die mark is in Wekkerstraat. Skakel 082-881-0104.

~*~


Velvet Motion Productions bied ’n Kos en Konsert-aand, ‘Timeless Italy’, met Huwelied aan op
28 September vanaf 7 nm by Timeless Cafe in Hotelstraat, Cullinan. Kaartjies kos R150. Marcia Moon tree op 30 September om 12.30 op teen R90 toegang en Roan Ash op 5 Oktober vanaf 7.30 nm teen R150. Skakel 012-734-1810.

~*~


Friends of Rietvlei Nature Reserve invite all nature enthusiasts to join them for their bi-monthly Saturday morning work-sessions in the reserve, ending with a bring and braai. Join them for alien plant control at 7:50 am on 29 September and 7 am on 13 October, or for doing maintenance on hides around the reserve at 7:50 am on 27 October. For those who sign in to join them for the morning – entry to the reserve is free for the day. Send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Die Cullie Kleuterskool Karnaval is op 29 September van 8.30 vm tot laat by die Cullinanse Sportgronde. Toegang is R20 en kinders onder 12 gaan gratis in. Die pretloop begin om 9 vm. Daar is ‘n potjiekoskompetisie, kraampies, musiek, verversings, springkastele en speletjies. Bel Adele by 082-339-1834 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2018 Die/The Bronberger