Wilde parkiete broei hier PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 September 2018 12:44
Untitled Document

Ben Schaap van Equestria skryf:
Ek het in 2016 foto’s gestuur van die wilde parkiete (love birds) wat hier in ons omgewing rondvlieg. Julle het die foto’s in die Maart-uitgawe geplaas.

Verlede jaar het ek ‘n nes teen die muur gehang, wat hulle nou uiteindelik ontdek het en nou besig is om nes te maak.


Die nes wat Ben vir die wilde parkiete onder die dak gehang het

My palmbome lei daar onder aangesien hulle repe van die blare aftrek en nes toe vat. Die helfte van dit val op die grond, maar ons gee nie om nie weens die plesier wat dit ons verskaf.

 

© 2018 Die/The Bronberger