Daar is nog eerlike mense PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 September 2018 12:36
Untitled Document

Anita Robertson van Bashewa skryf:
Laas maand het ek by Woodlands Inkopiesentrum parkeer. Toe ek uitkom was daar duidelike blou krapmerke op my mooi wit Hyundai. Ek was baie ontsteld. Die volgende dag vind my man ‘n klein notatjie onder my windskerm met die woorde dat Joy baie jammer is dat sy my kar gestamp het, met haar selnommer daarop.

Baie skepties het ek geskakel en ja, Joy antwoord en beaam dat sy my kar by Woodlands Pick n Pay gestamp het en sal betaal. Sy het egter nie versekering nie, dus was my hoop in my skoene. 

Ek het onmiddellik ‘n kwotasie gekry en vir Joy aangestuur. Die volgende dag het die paneelklopper die volle bedrag vir die skade inbetaal gekry. Nodeloos om te se dat ek skaam gekry het oor my ongeloof in die mensdom. 

Ek het haar bedank en haar woorde was, “maar dit is mos die regte ding om te doen”. Op haar profiel het ek gesien dat sy ‘n Christen is en wil dit net deel dat ’n mens tog nog eerlike medegelowiges kry.

Ek is weer vol moed vir goeie eerlike menseverhoudings na ‘n paar teleurstellings in my medemens.

 

© 2018 Die/The Bronberger