Lesers help nagapies PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 September 2018 12:33
Untitled Document

Adriaan Theron van Die Wilgers skryf.
Baie dankie, weereens, vir al die Bronnie-lesers wat op my vorige briewe gereageer het en inligting oor nagapies in hulle omgewing gestuur het.

Ek het my projek met groot sukses aangebied by die ‘North Gauteng Junior Science Fair’ en is ook gekies om daarmee op nasionale vlak deel te neem.

Dit alles sou nie moontlik gewees het nie as die vriendelike lesers van die Bronnie my nie ondersteun het nie.

Indien daar nog mense is wat my met inligting kan help oor hoeveel nagapies in ons omgewing is, sal ek dit baie waardeer. Stuur asseblief ‘n kort e-pos vir my na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Ek wil mense graag bewus maak van die nagapies in ons omgewing.
Brief verkort. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger