Gelukwense aan Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 25 September 2018 12:29
Untitled Document

Ria Pieterse: Geluk Bronnie, jy is nou “sweet sixteen!”

Aletta Pakendorf: Baie, baie geluk. Dis nou grootskaalse puberteit en sy/hy moet nou dopgehou word dat dit nie hand-uitruktyd raak nie.

J Janse van Rensburg: Baie geluk Bronnie! Wat ’n mooi prestasie om al vir 16 jaar te bestaan en so gewild te wees! Julle mag julleself maar gerus op altwee skouers klop. Almal besef nie al die harde werk en ure wat aan ’n Bronnie spandeer word nie. Ons is baie trots op julle. Welgedaan en nog vele meer.

Gwendoline Visagie: Die Bronberger is voorwaar ’n puik tydskrif met interessante artikels wat die leeslus aanwakker. Veels geluk aan algar wat werk om ’n uitstaande produk te lewer. Lank lewe die Bronnie!

Karen Britz: Geluk en voorspoed vir die volgende 16 jaar.

Annie Kleyn: Baie geluk Gerhard en Angie en personeel. Weet dit is harde werk, maar so lekker as jy die vrugte kan pluk.

Talita van Wyk: Baie geluk! En dankie vir die wonderlike diens wat julle aan die gemeenskap lewer.

Naomi Lubbe: Baie geluk. Ek kan nie wag vir elke maand se uitgawe nie. Altyd iets nuuts.

Hermann Grobler: Baie geluk, ek geniet elke Bronnie!

Jo Raubenheimer: Geluk, Angie en Gerhard. Julle tydskrif is pragtig. Hou so aan!

Siska Rademan: Baie geluk, Gerhard en Angie. Ek geniet julle tydskrif al 16 jaar – veral die geskiedenis. Dis die mooiste-mooi buiteblad wat ek nog ooit gesien het. Baie dankie vir die 16 jaar se harde werk om ons lesers gelukkig te hou en mag daar nog vele jare wees.

 

© 2018 Die/The Bronberger