In Pretoria se Kerkstraat-begraafplaas
lê koningin Victoria se
gunsteling kleinseun, prins
Christian Victor, in ’n beskeie soldategraf
begrawe. Dié oorlogsheld
van verskeie ekspedisies en veldslae
in Britse kolonies soos Indië, Ghana,
Soedan en Natal, is in Pretoria aan
ingewandskoors dood nadat hy
deur malaria platgetrek is. Hy was
33 jaar oud.
Die beskeie soldategraf van prins
Victor in Pretoria se Kerkstraatbegraafplaas.
Dit spook glo saans
hier.
Foto: Mystery Ghost Bus Tours
Prins Victor is knap ná die aanvang
van die Anglo Boereoorlog in Natal
gewond, maar het herstel om verder
as offisier onder bevel van lord
Robberts aan die oorlog deel te
neem. Teen die einde van die oorlog
was hy deel van die Britse magte
wat Pretoria beset het.
Malaria
Hy het malaria opgedoen en is op
29 November 1900 in die Yeomanry
Hospitaal, wat in die huis van Tom
Beckett in Arcadia ingerig is, aan
ingewandskoors dood nadat hy drie
dae in ’n koma was.
Die prins se liggaam is gebalsem en
alle reëlings is getref om dit na
Engeland te verskeep toe ’n telegram
van sy ouma, koningin Victoria,
aankom met die bevel dat haar
kleinseun in Pretoria in ’n gewone
soldategraf begrawe moet word.
Toe hy op 1 November begrawe is,
was dit die grootste militêre begrafnis
wat nog in die stad gesien is.
Soldate het ’n erewag aan weerskante
van Kerkstraat gevorm en die
gevolg het oor ’n afstand van twee
myl gestrek. Volgens ’n destydse
koerantberig het duisende “townspeople”
ook die begrafnis bygewoon.
Een boervrou het volgens oorlewering
die gewyde stilte verbreek toe
sy hardop gesê het: “Ja, hulle begrawe
hulle prins in Britse grond. Die
Engelse is van plan om in hierdie
land te bly.”
Die begrafnisstoet van prins Christian Victor beweeg met Kerkstraat af na sy laaste rusplek. Ses Engelse generaals, waaronder genl. Baden Powell, was die draers. |
Die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900. Prins Christian Victor was ?n offisier in die besettingsmag voor hy op 29 November dood is. |
Gunsteling
Prins Victor was die derde seun van
koningin Victoria en prins Albert se
derde dogter, Helena. Sy pa was
prins Christian van Schleswig-
Holstein. Dit was vroeg reeds ’n
ope-geheim dat Victor die ou
koningin se gunsteling kleinkind
was.
Sy volle benaming was ’n hele bekvol:
Sy hoogheid, prins Christian
Victor Albert Louis Ernest Anthony
van Schleswig-Holstein-Sonderberg-
Augusterburg. Sy vriende en familie
het hom egter sommer Christi
genoem.
Victor se ma, prinses Helena, het sy
graf in 1904 besoek. Sy het ter nagedagtenis
van haar seun ’n akkerboom
in ’n oop stuk grond oorkant
die begraafplaas geplant. Die grond die akkerboom het sommer gou
gevrek en is later om die beurt met
’n hele paar inheemse bome vervang
wat ook nie wou groei nie.
Vandag staan ’n sukkelende boompie
nog in die verwaarloosde park,
waarvan ’n deel aangewend word
as munisipale voertuigloods.
Veldmaarskalk
lord Robberts
was prins Victor
se bevelvoerder
in Suid-Afrika
en saam met
lord Kitchener
hoof roubeklaers
op sy begrafnis. |
Prins Christian Victor, koningin
Victoria se gunsteling kleinkind en
die enigste lid van die Britse
koningshuis wat in Suid-Afrika
begrawe is. |
Eerstes
Victor het vir ’n paar eerstes in die
Britse koningshuis gesorg. Hy was
die eerste Britse koninklike wat
skool toe gegaan het. Voor hom het
almal deur private onderwysers
tuisonderrig ontvang.
Hy is tot vandag toe ook die enigste
lid van die Britse koningshuis wat
eersterangse krieket gespeel het.
Hy is ook die enigste Britse koninklike
wat in Suid-Afrika begrawe is.
’n Standbeeld van hom pronk voor
die Windsor kasteel, waar hy
gebore is en grootgeword het en ’n
monument is in sy eer in Plymouth
opgerig. Gerugte wil dit hê dat dit
spook by sy graf in Kerkstraat
omdat die prins in sy tuisland
begrawe wou word.
Die verwaarloosde Prinsepark met
die gedenkboom wat maar net nie
wil gedy nie.
|