Leserslens Augustus 2018 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 17 August 2018 09:05
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.  Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Lente het sy vrolike gesiggie vanjaar vroeg in die gebied gewys. Dié perskeboom by Du Plooy Melkery op Kaalfontein het reeds aan die einde van Julie die koms van die nuwe seisoen aangekondig
Foto: Alet Erasmus


Elaine Hope by die mooi aalwyne op die gesin se Zwavelpoort-plot


Smokey die skimmelperd kuier saam met Buks en Roxanne du Randt in ’n kliprantjie in die Bronberg-gebied. Mariska van Zyl het die foto geneem


’n Koue winterdag in die Bronberg
Foto: Engela Botes Hennop


Ian McGill van Cullinan is ‘n Skot wat al vir 30 jaar op die Suid-Afrikaanse myne werk. Hy het dié sonsondergang by die diamantmyn op die dorp bewonder


Ludwieg Botha het die mooi winterkleure op ‘n plaas buite Cullinan vasgevang


’n Stoorkat van Welbekend soek ’n bietjie hitte aan die sonkant van die plaasgebou
Foto: Sunette Alers du Toit


’n Reënboog koepel oor Tierpoort na welkome winterneerval op 9 Julie. Nadine Bennet het die foto op haar perdryplaas geneem


Chris Krause het dié mooi wolk-formasie in Julie op Elandshoek net buite Rayton vasgevang


Die 14-jarige Johann van der Linde het dié ooruil teen skemerlig op Rooikoppies raakgeloop


Ietwat uit die hoogte uit kyk hierdie kameelperd op Nooitgedacht hoe Laurika van der Linde hom afneem

 

© 2018 Die/The Bronberger