Witties-renjaers wen distrik-reeks PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 17 August 2018 08:59
Untitled Document

Die Mach 4-span van Laerskool Witpoort het op 4 Augustus die algehele eerste plek van die Distrik F1 Skole-reeks gewen. Hulle het ook die toekennings as Beste Portefeulje, Beste Put-stop uitstalling en Beste Verbale-aanbieding ingepalm en was die wenners van die uitdun-wedrenne.

Die Distrik F1 Skole-reeks word deur Sangari SA in samewerking met die Department van Onderwys, aangebied. Die kompetisie is by Sci-Bono in Johannesburg gehou. Witpoort se span het uit Benita Schinkel, Christo Bester, Lalique van der Vyver en Zed Lake bestaan. Hulle is almal graad ses leerders van Corlia Eksteen.


Lalique van der Vyver, Zed Lake, Corlia Eksteen (agter), Christo Bester en Benita Schinkel
Foto: Stone House Studio

Formule 1 in skole sluit nie net die ontwerp van die kar en reisiesjaag in nie; daar is baie ander ingewikkelde handelinge betrokke, soos bemarking en die werf van borge, wat deur die kinders self hanteer moet word.

Peter du Plessis van Sangari Suid-Afrika het die span gelukgewens met hulle hoë standaard en harde werk.

Die Mach 4 span gaan op 27 Oktober aan die provinsiale finale rondte deelneem.

 

© 2018 Die/The Bronberger