Bejaarde dominee herstel ná aanval PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 17 August 2018 08:50
Untitled Document

Die Tagtigjarige dominee Nico Rautenbach herstel goed ná hy en sy vrou Elise op 8 Julie in hulle huis in Garsfontein aangeval is. Sy neus is gebreek, hy het ernstige kopbeserings opgedoen en was vir twee weke in Pretoria-Oos Hospitaal se intensiewe sorgeenheid waar hy vir intrakraniale bloeding behandel is.


Nico en sy vrou Elise

Nico is terug by die huis en Elise sê dat hy nog baie swak en gedisoriënteerd is, maar dat hy besig is om te herstel. Hy word steeds vir breinswelling behandel en kry erge hoofpyne, maar stap klaar weer elke dag klein entjies.


Nico Rautenbach stap weer elke dag klein entjies
Foto’s: Verskaf

Die egpaar is op ‘n Sondagoggend deur drie gewapende mans aangeval. Die mans is weg met ‘n televisie, skootrekenaar en Elise se trouring.

Nico is ‘n dominee by die Afrikaanse Protestantse Kerk in die Moot.

 

© 2018 Die/The Bronberger