Die Bronnie verjaar PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 17 August 2018 08:47
Untitled Document

In September word Die Bronberger ‘n hele 16 jaar oud en ons vier hierdie mylpaal geesdriftig en met dankbaarheid deur ‘n baie spesiale herdenkingsuitgawe die lig te laat sien.

‘n Bielie van ‘n Bronnie word beplan en ons sou baie graag soveel as moontlik adverteerders en lesers deel daarvan wil maak. As ons verjaardaggeskenk aan julle, vergroot ons die oplaag aansienlik om groter blootstelling, teen geen ekstra koste nie, aan ons gewaardeerde adverteerders te gee.

Ons wil almal wat in die afgelope 16 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger adverteer het, nooi om ons 16e verjaardag saam met ons te vier. En as jy nog nooit in die Bronnie geadverteer het nie, bied ons verjaardaguitgawe die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok. In die jare wat dié een voorafgegaan het, is ons verjaardag-uitgawes in September telkens goed ontvang en baie goed ondersteun.

Jou advertensie gaan in ’n versamelstuk verskyn wat ons lesers soos ’n kosbare besitting bewaar en oor baie maande weer-en-weer besoek.

Ons leservriende kan gerus vir ons ’n brief skryf oor dié dinge wat vir julle in die afgelope publikasiejaar uitgestaan het. As iets met jou gebeur het, jou gepla het, of as iets jou bly, kwaad, skaam, hartseer, knorrig, keelvol, dankbaar of wat ook al gemaak het, sit pen op papier of vingers op sleutelbord en deel dit met jou mede-Bronbergers.

Iemand het iewers gesê: “Verjaarsdae is goed vir jou. Statistiek bewys dat die mense wat die meeste daarvan het, die langste lewe.” En dit wil lyk of dit hier ’n geval is van: Hoe langer ons lewe, hoe beter wil dit gaan.

Jy kan maar sê dat ons genadiglik opgeneem is in ’n wonderlike kringloop: Omdat ons lesers werklik hulle Bronnie wil lees en dit met deeglikheid doen, kry ons adverteerders baie goeie blootstelling en reaksie en wil hulle graag weer adverteer. Op dié manier kon ons oor die afgelope 16 jaar as ’n gesinsonderneming, nie net voortbestaan nie, maar ook groei.

Ons is trots en ons is dankbaar vir die volgehoue ondersteuning uit die gemeenskap wat ons dien. Om ’n onafhanklike glanstydskrif sonder die rugsteuning van enige groot korporatiewe- of ander organisasie uit te gee en oor 16 jaar heen stewig te bly staan en gesond te groei, sou ons nie alleen kon vermag nie. Dankie.

Bespreek jou plek vroegtydig om deel van die Bronnie se spesiale gedenkuitgawe te wees: Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2018 Die/The Bronberger