Sukkel met medisynebottel PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:43
Untitled Document

P van C skryf:
Ek dreig al lankal om Die Bronberger te bedank vir die wonderlike bydraes oor ons gebied. In elke uitgawe is daar heelwat besondere bydraes met waardevolle inligting.

Ons vind die Toeka-reeks baie interessant en leersaam. Verskeie skole gebruik die Bronnie as verwysing vir take wat die kinders moet doen.

Ou Gert Mossie se gesukkel met die medisynebottel staan my helder voor die gees, want ek het ook dieselfde paadjie geloop. Ek moes die bottel terug vat apteek toe sodat hulle my kon wys hoe om die ding oop te kry.

Ek het met my eerste probeerslag nie my bril opgehad nie en kon dus nie sien dat jy die prop moet indruk voordat jy dit draai nie. Verbeel jou net, dis soos om jou kar eers in trurat te sit voor jy vorentoe kan ry.

Die foto’s van die lesers is van hoogstaande gehalte en word baie waardeer.

 

© 2018 Die/The Bronberger