Stofwolke pla PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:42
Untitled Document

Maritha Fourie Theron van Cullinan skryf:
“Dust kills.” Gaan die pad tussen Cullinan en Pretoria ooit reggemaak word? 

Kyk hoe hang die stof. ’n Mens moet jou ligte aansit met die hoop ander voertuie sal jou sien en bid iemand staan nie lang die pad en jy sien dit nie.


Kyk hoe hang die stof

In Januarie 2016 het die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir openbare paaie en vervoer, Dr Ismail Vadi, sê dat dié tydelike grondpad nog drie jaar in gebruik sal wees. Hy het gesê dat geen voorsiening in die begroting vir ‘n nuwe pad gemaak is nie, omdat fondse vir die konstruksie van die pad eers benodig sal word nadat die gedetailleerde ontwerpe en kontrak-dokumentasie voltooi is, omgewingstoestemming gegee is en die padreserwes bekom is. Die omgewingstoestemming deur die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (GDLLO) is op 18 Augustus verlede jaar gegee. Dit is nie duidelik of die padreserwes reeds bekom is en of die ander dokumentasie voltooi is nie. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger