Soek Bronnie in Moot PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:41
Untitled Document

Egmont van der Laan Coetzee van die Moot skryf:
Ek was ’n inwoner in Garsfontein en het gereeld Die Bronberger by Boma gekry (as ek betyds was).

Ek het so ’n jaar en ’n half gelede verhuis na die Moot-gebied. Ek ry nou spesiaal na die ooste en kry ’n klomp Bronbergers en deel dit uit aan almal wat gewoond geraak het aan julle fantastiese tydskrif elke maand.

My vraag is egter of ek nie vir julle Die Bronberger kan versprei in die Moot nie?

Dankie weereens vir die pragtige tydskrif.

Dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger en jou mooi woorde. Dit is lekker om briewe soos joune te kry. Die Bronnie raak al hoe gewilder en die aanvraag is veel groter as die hoeveelheid tydskrifte beskikbaar. Daarom moet ons die verspreidingspunte vir die oomblik beperk tot die gebied waarop ons fokus – die een ten ooste van Pretoria. Ons sit jou naam op ons lys vir wanneer ons weer ons oplaag gaan verhoog. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger