Hoe nou gemaak? PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 August 2018 08:40
Untitled Document

Hugo Coppejans van Faerie Glen skryf:
My vrou en ek bly in Faerie Glen en ons gee al jare lank vir die voëls in ons onmiddellike omgewing op die patio gebreekte mielies, en soms ook broodkorsies. Ook heel jaar vrugte en lemoene in die winter.

Meestal duiwe (groot en klein), kwêvoëls, maar ook mossies, muisvoëls, houtkappers en pylvlek katlagters. Kortom, enige iets wat vere het en vlieg. Tarentale (tot 27 op ‘n slag) kry ons op die karpad.

Ons het ook al jare lank so elke ses weke 50 kg sakke gebreekte mielies gekoop by Farm City, op die hoek van Atterbury en De Villebois Mareuil/Olympusweg, maar hulle het nou toegemaak, en ek kry nie ‘n ander plek nie. Voëlsaad by ‘n diere winkel of so is hopeloos te duur.

Brief verkort. Lesers wat al die jare hulle Bronnies by Farm City gekry het, sal bly wees om te hoor dat hulle dit steeds op dieselfde perseel kan kry. Die Bronnies is beskikbaar by Plantland, reg oorkant die gebou waar Farm City was. Ons het Hugo laat weet van ander plekke in ons kontrei waar voëlvoer beskikbaar is. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger